HELLLO.... Ek is Charne Coston. Ek hou van hop, skop, rock en rol. Ek is nie bang vir 'n uitdaging nie en die kleur wat ek die meeste haat is GEEL. Ek is baie lief vir coke (coke in the can, not in the gram)! Ek is mal daaroor om saam my vriende uit te gaan veral as ons gaan dans. My gunstelling kos is burgers - eintlik enige junk food. Ek haat oefening, maar omdat ek take-aways so baie like moet ek maar soms my takkies uit die kas haal.. Ek het 'n vissie as 'n troetel dier en sy naam is sili. Nou weet jul genoeg van my.. Lekker dag.
Is dit wys om so baie tegnologie in skole te gebruik. Sommige mense glo dat tegnologie die pad na kognitiewe wysheid is en dat dit ons vaardighede sal opstoot. Ek dink dit is waar, maar daar is seker vaardighede wat tegnologie nie kan vervang nie. Die eerste daarvan is intuisie. Geen tegnologie kan jou intuisie verander nie, maar dit kan dit dalk net verskerp. Tweedens is daar jou oordeel. Hoe jy oor 'n saak voel gaan nie met behulp van 'n rekenaar verander word nie. dit kan weereens dalk jou opinie laat bietjie warrier. Derdens is probleem oplossing. Probleem oplossing kan defenitief deur tegnologie aan gehelp word. Die rekenaar kan jou vermoe om die probleem op te los verbeter as gevolg van programme wat op die rekenaar is. Bv wiskunde, chemie en fisieka.
Die brein is 'n fantastiese orgaan, as gevolg van tegnologie kan die brein se kapasiteit vergroot. Die brein is nie skaam om nuwe kennis op te doen nie. Digitale aanmoediging laat die brein meer kognies dink sowel as meer data in te samel om meer komplekse analisesse te maak.
Die mens word wyser en wyser deur al die digitale tegnologiese aanmoediging en as gevolg van al die mens se wysheid bevoordeel dit die mens se oordeel.
Ek stem mits dan saam dat daar wel digitale aanmoediging in skole moet gebeur omdat dit in die leerder se voordeel gaan strek.
Wednesday, February 11, 2009
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment